Centrestage - Entertainment Port Elizabeth


Go to content

rock_befonk

the shows

Rock Befonk! Afrikaanse Musiek

Centrestage is Totaal en Al Rock Befonk!


Vir die eerste keer in veertien jaar, bied die vermaak maatskappy Centrestage ‘n splinternuwe Afrikaanse musiek-huldeblyk aan, genoem ‘Centrestage is Totaal en Al Rock Befonk!’.

Rock Befonk! sal in Oos-Londen by Die GUILD Teater 10-12 November wees - skalel 043 743 0704 om te bespreek.

Die orkes stel vier ervare nuwelinge voor en bestaan uit Pietie Kruger (bass, vokale), Robert Gillmer (vokale), Elsabe Rademeyer (vokale), Russel Sneyd (tromme), saam met wel bekende Centrestage musikante Arno Erasmus (kitaar, bass, klawerbord, vokale), Emile Doubell (vokale), Will Jenson (klawerbord en vokale) and Wayne Kallis (musikale direkteur, kitaar, vokale).

Die vertoning bevat al die gunsteling treffers van kunstenaars soos Ray Dylan, Gerhard Steyn, Bok Van Blerk, Dozi, Steve Hofmeyer, Lianie May, Kurt Darren, Pieter Koen, Eden, Nicholas Louw, Bobby Van Jaarsveld, Juanita Du Plessis, Freddie Nest, Karen Zoid en Die Campbells.

Die produksie kyk ook terug na die groot Afrikaanse legendes wat die fondasie is vir vandag se Afrikaanse musiek, soos Anton Goosen, David Kramer, Sonja Herholdt, Johannes Kerkorrel, Jannie Moolman, Laurika Rauch en Lize Beekman.

Onlangse gunstelinge waarna uitgesien kan word sluit in Baby Tjoklits, Hokaai Stop Die Lorrie, Skud Jou Biscuit, Kaptein, Jessica, 54 5de Straat, Soen My Nie Meer Nie, Toe Stop My Hart, Aan Jou Vas, Mengelmoeskardoes, Drie Pikkewyne en Spieeltjie, onder andere.

Al le Die Berge Nog So Blou, Lisa Se Klavier, Halala Afrika, Hemel op Tafelberg, Ou Ryperd en Kinders Van Die Wind is n paar van die ouer bekende treffers wat ook in die program ingesluit is.

Rock Befonk! sal in Oos-Londen by Die GUILD Teater 10-12 November wees - skalel 043 743 0704 om te bespreek.

Druk hier om in Engels te lees



click to view

Back to content | Back to main menu